Sport het ontstaan in Suid-Afrika om kompetisie in die land te bring sowel as om kompetiese tussen verskillende lande te laat plaasvind. Die kompetisie was egter benadeel deur die Apartheids era maar sedert 1994 het die era van apartheid verkrummel deur die volharding van sport. Sport vorm ‘n groot deel van Suid-Afrika se bestaan en deurdat verskillende rasse in die spanne teenwoordig is staaf dit my stelling dat apartheid stadig maar seker besig is om te verkrummel.
Sportsoorte speel ‘n baie groot rol in die Suid-Afrikaanse sportpubliek en vorm deel van hul leefwyses. Aparthied verkrummel omdat mense vergeet van die verlede tydens ‘n sport maar fokus op dit wat vir hulle belangrik is nl. wen/verloor. Wanneer ‘n gunstelingspan verloor, voel dit asof slegte nuus gehoor was wat ‘n persoon persoonlik raak en wanneer ‘n span wen is dit asof jy self presteer het.Gemeenskappe sien sport as ‘n middel om individue nader aan mekaar te bring sodat hulle sosiaal kan verkeer en hul kommunikasie vermoëns te verbeter.
Sport word beskryf as ‘n fisieke- (bv. sport) of denkspel (bv. skaak) wat in kompetisie verband gespeel kan word. Die doel van sport is nie net om individue in verband met mekaar te bring, soos voorheen genoem nie, maar is ook daar om spelers sowel as toeskouers te dissiplineer deur bv. reëls te stel en kontrole te hou oor die spel. Sport hou mense aktief en gesond. Sport maak dit vir individue moontlik om tot hul volle potensiaal te ontwikkel en om talente te ontdek en uit te leef. Sport bevorder 'n individue se sosiale vaardighede om met mense te kommunikeer en sosiaal te verkeer. 'n Individu se selfbeeld en selfvertroue word verbeter as hulle sport doen wat tot die positiewe ontwikkeling van enige persoon lei. Dit is nie nodig om aan sport deel te neem om te ontwikkel nie tot die ondersteuning van sport dra by tot die positiewe gesindheid.
Sport word verdeel in verkillende kategorieë nl. « Jeugsport, middelvlak sport, lewenslange sport
« Kompeterend en nie-kompeterend
« Kontak en nie-kontak
« Binnehuis, buite
« Met toeskouers of in isolasie
Sport word beïnvloed deur ouers, skool en vriende omdat meeste leerders gedwing word om aan sport deel te neem waarvoor hulle nie bevoeg is nie. Dit skep dan ‘n aggressiewe houding tot die sportsoort. Meeste skole beïnvloed ook die deelname tot sport omdat skole hul eie belange op die hart dra eerder as die leerders.
Sport kan goed of sleg wees. Eienskappe van goeie sport sluit in om morele beginsels aan te moedig bv.: “winning isn’t anything, it’s the only thing” – “ winning isn’t everything, but striving to win , is...”. Goeie sport lei tot goeie gevolge en slegte sport het ‘n negatiewe invloed op deelnemers.
Verdere goeie sport het eienskappe soos:
« Regverdigheid
« Eerlikheid
« Voorbereiding
« Toewyding
« Genot
« Uinemendheid
« Waardigheid
Hierdie eienskappe lei tot positiewe waardes vir die deelnemer nl.
—Verantwoordelikheid.
—Volharding.
—Passie.
—Dissipline.
—Determinasie.
—Behulpsaamheid (Gee & neem).
—Hantering van opponente & spanmaats.
—Moed.
—Leierskap.
—Kreatiwiteit
Dit is belangrik dat onderwysers instaat moet wees om van die verlede nl. apartheid moet vergeet en daarop moet fokus om goeie sport in skole toe te pas. Dit stel leerders instaat om positief te ontwikkel en gelukkig te wees in die skole waarin hulle hulself bevind.
Sport is belangrik vir die ontwikkeling van leerders sowel as die ontwikkeling van die skool omdat meet leerders by die skool wil aansluit...